Brekende Nuus
Afrikaans

Man ry met motor in sloot in

Foto: Reaction Unit South Africa
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het gister omstreeks 09:30 met sy motor in Neptune-rylaan, Rietrivier, in ‘n sloot ingery.

Reaction Unit South Africa sê die man was vermoedelik onder die invloed van alkohol. Beamptes wat na die toneel ontbied is, het ‘n blou Toyota RXI op sy kant in ‘n uitgrawingsterrein gevind.

Die bestuurder is deur lede van die publiek uit die wrak bevry voordat nooddienste opgedaag het.

Na bewering het die bestuurder eers ‘n voetganger in die Trenance Park-area raakgery en na die ongeluk weggery. Die voetganger kon egter nie deur reaksiebeamptes opgespoor word nie.

Die Verulam-polisie ondersoek die saak.