Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Inploffing van gebou by Unisa

Foto: Onbekend
Foto: Onbekend

Video-opnames in berig.

GAUTENG. – ‘n Inploffing van ‘n gebou by die Unisa Sunnyside-kampus het Sondag plaasgevind. Die gebeurtenis is deur Rinus Gouws op kamera vasgelê en op sosiale media gedeel.

Unisa sê in ‘n brief dit is ‘n beheerde inploffing in Normaalstraat 243 wat deur die owerhede goedgekeur is.

Paaie om die adres was reeds vroeg gesluit vir die inploffing wat vir tussen 06:30 en 07:30 geskeduleer was.