Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Bus brand op R80-Noord naby Tshwane

Bus brand op R80-Noord naby Tshwane. Foto: TMPD
Bus brand op R80-Noord naby Tshwane. Foto: TMPD

TSHWANE, GAUTENG. – ’n Bus het Dinsdagmiddag aan die brand geslaan op die R80-Noord by Theo Martins-poort.

Tshwane-metropolisie moedig motoriste aan om alternatiewe roetes te gebruik.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Geen inligting oor die insittendes is ook beskikbaar nie.

Bronne: Tshwane Metro Police, Pretoria FM, Twitter