Brekende Nuus
Afrikaans

Man verdrink toe pyp bars en hy in sand vassit

Foto: Kelsey-Jae Meyrick
Foto: Kelsey-Jae Meyrick

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man het Woensdag vedrink toe ‘n pyp gebars het waar hy in Salt Rock besig was om herstelwerk te doen.

Kelsey-Jae Meyrick van IPSS Medical Rescue en IPSS Search and Rescue sê die oorledene was ‘n kontrakteur. Hy was besig om in die sloot te werk toe die pyp bars. Die sloot het gevolglik in duie gestort en die oorledene tot by sy middel in water en sand begrawe. Hy kon nie ontsnap nie en sy kollegas kon nie daarin slaag om hom uit te grawe nie. Daar is sy aan sy saam met Kwadukuza-brandweer en CERT-Tongaat gewerk om die man te bevry.

Hy is ondanks die bevryding op die toneel dood verklaar.