Lyk baie inskrywingsvideo’s vir skoonheidskompetisies vir jou dieselfde? Vir TikTokker @juxxjustice was dit beslis die geval.
In ’n video wat al meer as 60 000 gekyk is, stel sy haarself as Johanna Burger bekend wat ’n inskrywingsvideo vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie maak.
Sy maak dan na hoe ’n aspirantdeelnemer sal klink. “I want to be the Africa for your human rights,” spot sy.
“Vote for Johanna Burger because I am the burger you will never regtret tasting,” sluit sy haar video af.
Kykers het haar video as skreeusnaaks in die kommentaarafdeling beskryf. @juxxjustice is ’n komediant.
Bron: TikTok
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: