OOS-KAAP. – ‘n Beskuldigde (47) is lewenslank deur die hooggeregshof tronk toe gestuur vir verskeie verkragtings van ‘n minderjarige familielid (11) in Middledrift in die Ndlovura-area.
Luxolo Tyali, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigde is die slagoffer se ma se neef. Gedurende 2020 en 2021 sou die ouma, by wie die kind gebly het, haar na die beskuldigde gestuur om huishoudelike items af te gee, of te gaan haal. Tydens hierdie geleenthede is die kind verkrag. Die beskuldigde het gesê hy sou die kind weer verkrag indien sy enigiemand sou vertel.
Op 11 Oktober 2021 het die meisie haar ma van die voorvalle vertel nadat in die skool in ‘n klas oor verkragting gepraat is.
Die hof het ingestem daar is geen rede om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie en het ‘n lewenslange vonnis opgelê.
Die NVG het die vonnis verwelkom.