NOORDWES. – Daniel Maduma (92) het Maandag weens sy gesondheid in ‘n hospitaal gesterf. Sy medebeskuldigde, Jeremia Mmatli (75), het op 20 Junie gesterf.
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het beide die aangeklaagdes se afsterwe bevestig. Beide is op 3 Junie by Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum opgeneem. Nxumalo wou nie bevestig waaraan Mmatli gesterf het nie.
Die afgestorwenes is vir die moord op Godfrey Temu (80) by die bejaardesorgsentrum in Jericho, in Noordwes, waar hulle tuis was, beskuldig.
“Met beide beskuldigdes nou oorlede, sal die hof aandui oor wat in die hofsaak gaan gebeur.”
Lt.kol. Amanda Funani sê die oorledene het op die oggend van 30 Mei een van die beskuldigdes teëgekom en hom glo gestamp, waarna ‘n geveg uitgebreek het. Die verdagte het die oorledene met ‘n kruk geslaan, na bewering deur sy vriend bygestaan.
Madumo sou vandag, as die enigste oorlewende verdagte, vir sy borgaansoek in die Brits-landdroshof verskyn het.