Brekende Nuus
Afrikaans

Brand by Bloemfonteinse hospitaal deur brandende sigaretstompies veroorsaak

Brand by Bloemfonteinse hospitaal deur sigarette veroorsaak

fotokrediet: Canva
Brand by Bloemfonteinse hospitaal deur sigarette veroorsaak fotokrediet: Canva

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik

BLOEMFONTEIN. – Die Vrystaatse departement van gesondheid het gesê ‘n brand by die Bloemfonteinse Nasionaal-distrikshospitaal is deur sigaretstompies veroorsaak.

Brandende sigaretstompies wat in die tuin gegooi is, het die bome buite die hospitaal Saterdagaand aan die brand laat slaan. Die brand het daarna na die grond- en eerste en tweede vloere van die hospitaal versprei.

Altesaam 83 pasiënte moes ontruim word. Geen beserings of sterfgevalle is aangemeld nie. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.

Bronne: SABC, EWN, The Citizen

Lees ook: Weerwaarskuwings vir verskeie provinsies uitgereik