Brekende Nuus
Afrikaans

Soektog na vermiste persone duur voort na seiljag sink

Soektog na vermiste persone duur voort na seiljag sink

fotokrediet: Canva
Soektog na vermiste persone duur voort na seiljag sink fotokrediet: Canva

Lees ook: Een dood en ses vermis na seiljag naby Italië sink

ITALIЁ. – Duikers is steeds op soek na ses mense wat vermis geraak het na ’n seiljag naby Italië gesink het.

Twee van die mense wat steeds vermis is, is die magnaat Mike Lynch en sy dogter, Hannah. Vier van Lynch se vriende is ook nog vermis na die seiljag Maandag gesink het.

Die reddingswerkers gaan vandag by die kajuite probeer inkom waar hulle dink die mense steeds vasgekeer is.

Bronne: Daily Mail, BBC, Evening Standard

Lees ook: Een dood en ses vermis na seiljag naby Italië sink