GAUTENG. – Sers. Ramara en sers. Nkhumane van die Germiston-blitspatrollie het ‘n motoris met ‘n bakkie en ‘n sleepwa te hulp gesnel toe die sleepwa op die N3-hoofweg aan die brand geraak het.
Lt.genl. Tommy Mthombeni, die provinsiale polisiekommissaris van die provinsie, het die polisielede vir hulle onbaatsugtige optrede geprys.
Die motoris met sy bakkie, wat van Pretoria na Clarens onderweg was, het ‘n vrag meubels in die sleepwa gehad. ‘n Ander motoris het vir hom aangedui die sleepwa brand. Die polisielede was binne sekondes, saam met ‘n vragmotorbestuurder, byderhand om die brand te blus en te keer dat die vlamme nie na die bakkie versprei nie.
Die polisielede het ook die verkeer gereguleer sodat almal veilig moes wees.
Wanneer polisielede buite hulle normale dienste optree en uit hulle pad gaan vir die gemeenskap, is dit normaal om blyke van dank of waardering van die gemeenskap te ontvang.
“SAPD-lede in Gauteng word aangemoedig om hul pligte met ywer, dapperheid en toewyding uit te voer om die gemeenskappe wat hulle dien, te beskerm.”