NOORD-KAAP. – Ettiene Kula aka Lielie (39) van Petrusville is lewenslank vir moord deur die De Aar-streekhof tronk toe gestuur.
Sers. Molefi Shemane sê Lielie het op 6 Desember 2023 omstreeks 18:00 vir Delia Smile (27) met ‘n mes in die bors gesteek en van die misdaadtoneel gevlug. ‘n Getuie is deur Lielie beveel om van die mes ontslae te raak. Die polisie is ontbied en Smile is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Die verdagte is nog dieselfde dag deur polisielede aan diens opgespoor en in hegtenis geneem. Die ondersoekbeampte het borg suksesvol teengestaan.
Lielie is skuldig bevind en behalwe sy vonnis van lewenslange tronkstraf is hy ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Die polisiebestuur van die provinsie sowel as die distrik het speur.konst. Johnny Nell van Petrusville-speurtak en staatsaanklaer van die De Aar-streekhof vir die suksesvolle afhandeling van die saak, geprys.