Brekende Nuus
Afrikaans

21 leerders dood in brand by Keniaanse skool

21 leerders dood in brand by Keniaanse skool
fotokrediet: Canva
21 leerders dood in brand by Keniaanse skool fotokrediet: Canva

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek

KENIA. – 21 leerders is oorlede na ’n brand by ’n skoolkoshuis uitgebreek het.

Altesaam 19 seuns, met gemiddelde ouderdom nege, is dood na ’n brand Donderdagaand by ’n skoolkoshuis by die Hillside Endarasha Academy begin het. Nog twee leerders is later in die hospitaal oorlede.

Nog 17 leerders word vermis. Hulle ouers en families kamp buite die skool om antwoorde te probeer kry. DNS-toetse sal uitgevoer word om die liggame uit te ken.

Nog ’n brand het Saterdag by ‘n meisieskoshuis in Kenia uitgebreek. Drie leerlinge is beseer en eiendom is beskadig.

Die oorsaak van die twee brande is in dié stadium nog onbekend.

Bronne: New Zimbabwe, BBC, Reuters

Lees ook: Olimpiese atleet dood na voormalige kêrel haar aan die brand steek