Brekende Nuus
Afrikaans

Vrou (74) vermoor in kompleks

Vrou (74) vermoor in kompleks

fotokrediet: Facebook
Vrou (74) vermoor in kompleks fotokrediet: Facebook

Lees ook: Persoon van belang oor Lusikisiki-massaskietery deur polisie ondervra

’n Vrou (74) is glo deur haar kêrel vermoor by ’n woonkompleks in Cornubia, KZN.

Die reaksie-eenheid SA is deur ’n inwoner van die kompleks gekontak na die slagoffer se liggaam gekry is tydens ’n “wellness check”.

Die vrou se liggaam is op ’n bed gevind waar sy sonder ’n hemp gelê het met verskeie steekwonde aan haar gesig en kop. ’n Blou bloederige t-hemp is langs die bed gevind.

Die bure het gesê hulle het die paartjie hoor stry en het besluit om te gaan kyk of sy oukei is. Die bure het na die huis gegaan waar die slagoffer se kêrel vreemd opgetree het. Hulle het ingegaan en die vrou se liggaam gekry waar sy toegemaak is met ’n laken. Haar kêrel het gevlug toe hulle die liggaam gekry het.

Daar was bloed in die badkamer en dit word vermoed die verdagte het gestort en ander klere aangetrek voor die bure opgedaag het.

Bronne: Facebook

Lees ook: Persoon van belang oor Lusikisiki-massaskietery deur polisie ondervra