Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Prins William en Robert Irwin geniet Kaapstad

Foto: Burgemeester Geordin Hill-Lewis Facebook-blad
Foto: Burgemeester Geordin Hill-Lewis Facebook-blad

WES-KAAP. – Prins William van Britanje en Robert Irwin, seun van die immergewilde Steve Irwin, Crocodile Hunter, het ‘n video-opname uit Kaapstad op sosiale media gedeel. Hulle het ook gesê watter diere in Suid-Afrika hulle gunstelinge is.

Terwyl die prins vir ‘n 4-dag toer en die oorhandiging van die Eartshot-prys in Suid-Afrika is, is Irwin op die paneel van die Earthshot Prize-toekenning.

Die twee het op Seinheuwel gaan stap en die video-opname hier bo gemaak.

Geordin Hill-Lewis, die burgemeester van Kaapstad, sê: “Wat ‘n voorreg om vir prins William en Robert Irwin ons pragtige Kaapstad te wys!” 🇿🇦

#EarthshotCapeTown📸

Bron: Royal News, Royal Banter, Mayor Geordin Hill-Lewis