NOORDWES. – Sedert 18 Oktober tot Dinsdag is reeds 1 004 onwettige myners in Orkney bogronds gedwing, nadat toegangsroetes geblokkeer is.
Brig. Sabata Mokgwabone sê nadat 269 onwettige myners Dinsdag te voorskyn gekom het, het die getal nou tot 439 gestyg.
“Die verdagtes word steeds dienooreenkomstig verwerk.”
Mokgwabone sê 55 van die verdagtes wat Saterdag gearresteer is, het Dinsdag in die hof verskyn en alhoewel klagtes teen hulle teruggetrek is, word hulle in terme van die Immigrasiewet deur immigrasiebeamptes in afwagting van hulle deportasiebevele aangehou.
Van die 340 wat Sondag gearresteer is, het 270 reeds Dinsdag in die hof verskyn en 70 sal na verwagting vandag in die hof voorkom.
Die myners se toegangsroetes is deur owerhede geblokkeer. Die myners word ondergronds sonder noodsaaklikhede, kos en water vasgekeer. Vala Umgodi-spanne, onder leiding van die SAPD en die SANW, het gemeenskappe afgekamp om te keer dat kospakkies, water en ander benodigdhede aan onwettige mynwerkers verskaf word.
Lees meer hier: