‘n Vrou (42), ‘n balju van die hof, is Woensdagmiddag 29 Maart 2023 in Klopperstraat, Rustenburg, Noordwes, dood nadat sy verskeie kere geskiet is.
Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê sy was deur onbekende verdagtes in die parkeerarea buite haar werksplek ingewag. Sy was op pad om te vertrek.
Die motief vir haar moord is onbekend.
Polisie versoek enigiemand wat die voorval sien gebeur het, of enige inligting het wat betrekking het tot die moord, om sers. Kabelo Sekanka by 082 338 4950 te kontak.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: