Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk video’s: Vrou bekend vir foto’s op hoogste plekke, sal jy dit doen?

Sy staan bekend as 'n rooftopper en blogger.

Angela Nikolau
Foto's: Angela Nikolau Facebook-blad

Angela Nikolau (29) neem op die hoogste wolkekrabbers in die wêreld foto’s.

Sy is oorspronklik van Rusland. Beide haar ouers is sirkuskunstenaars.

Sy staan bekend as ‘n rooftopper en blogger en was boonop ‘n model vir Cartier, Kenzo, Adidas, Calvin Klein, Samsung, Pandora, Jo Malone, ens.

Sy plaas die foto’s op NFT-uitstallings en dit word deur groot NFT-kunsversamelaars aangekoop.

In 2022 het sy saam met Beerkus, haar kêrel, die Maleisiese wolkekrabber, Merdeka 118, geklim wat die tweede hoogste gebou in die wêreld is. Dit is deur sosiale media uitgesaai en 8.6 miljoen keer gekyk.

Is dit iets wat jy sou wou doen?

Hier is ‘n lys van sommige noemenswaardige klimme wat sy al gedoen het: