‘n Vrou (73) het glo gister Sondag 2 Julie 2023 ‘n skietwond tydens ‘n argument met haar man in Stanger KwaZulu-Natal opgedoen.
IPSS Medical Rescue is na ‘n skiettoneel in ‘n woonbuurt ontbied.
Met aankoms is daar gevind die bejaarde vrou en haar man was na bewering in ‘n argument betrokke.
Hy het glo ‘n vuurwapen uitgehaal en haar in die maag geskiet.
Die beseerde vrou is op die toneel deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en daarna vir verdere mediese hulp na ‘n fasiliteit vervoer.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: