Brekende Nuus
Afrikaans

Buitelander by sy huis op Burgersfort doodgeskiet

Gemeenskapslede het die man se liggaam gekry en die polisie gebel.

Buitelander glo doodgeskiet by sy huis in Burgersfort
Buitelander glo doodgeskiet by sy huis in Burgersfort fotokrediet: Canva

Die polisie ondersoek die moord op ’n Pakistani (48) wat gisteraand by sy huis op Burgersfort, Limpopo doodgeskiet is.

Die Pakistani, wat ’n spazawinkel in die gebied besit, was op pad huis toe van die werk af toe hy deur onbekende verdagtes naby sy huis doodgeskiet is. Gemeenskapslede het op die man se liggaam afgekom en die polisie gebel. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord, maar die motief vir die moord is nog onbekend.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om sers. Mmaritji Motla te skakel by 083 787 3005 of speurder kol. Elias Zwane by 082 449 0273 of Crime Stop by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Kruidenierswinkel beroof, bestuurder doodgeskiet