Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie vra hulp om sewejarige op te spoor

Die publiek word gevra om die polisie te help om Kedibone Schalkwyk op te spoor.

Kedibone Schalkwyk
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Kedibone Schalkwyk (7) van 13148 Moledistraat, Bloemanda in Galeshewe, Kimberley, het gister die woning waar sy in pleegsorg is verlaat om na Laerskool Venu in Roodepan te gaan, maar het nie teruggekeer huis toe nie.

Sers. Timothy Sam sê ‘n maatskaplike werkster het haar biologiese familie wat haar ma insluit, besoek, maar kon haar nie opspoor nie.

Kedibone was in ‘n grys broek, wit hemp en ‘n swart baadjie met pienk blomme geklee.

Enigiemand wat weet waar sy is, kan speur.lt.kol. Marli Strydom van Galeshewe-GKS by 082 495 0618 bel.

Inligting sal vertroulik hanteer word.

Sam wil graag die publiek herinner daaraan dat daar geen wagperiode is om iemand as vermis aan te meld nie.