Brekende Nuus
Afrikaans

Kokaïen van R151 m. in Durban-hawe onderskep

'n Besending kokaïen van R151 miljoen is in die Durban-hawe onderskep.

Besending kokaïen op Durban-hawe onderskep
Foto's: SAPD

DURBAN, KWAZULU-NATAL. – Durban-hawepolisie het Maandag ‘n besending kokaïen ter waarde van R151 miljoen in ‘n houer wat op ‘n skip van Brasilië gekom het, onderskep.

Brig. Athlenda Mathe sê die lede het die houer gemonitor nadat inligting ontvang is.

‘n Span wat die houer by ‘n verkoelingsfasiliteit deursoek het, het op 433 blokke kokaïen wat in vleisbokse versteek was, afgekom.

Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie, maar die direktoraat wat prioriteismisdade ondersoek het die ondersoek oorgeneem.

Mathe spog met die eenheid se derde massiewe dwelmsukses binne twee maande. Die eenheid het gedurende Oktober kokaïen ter waarde van R150 miljoen onderskep.