Brekende Nuus
Afrikaans

Odendaalsrus SAPD vra hulp met vermiste vrou

Nanaki Baepi (49) is Vrydag laas gesien Foto: SAPD
Nanaki Baepi (49) is Vrydag laas gesien Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Odendaalsrus polisie vra die gemeenskap se hulp om Nanaki Baepi (49) te vind. Sy is Vrydag laas deur haar kinders gesien toe sy haar huis in Taljaardstraat, Odendaalsrus, verlaat het. Na bewering is sy in haar nagrok na ’n nabygeleë vulstasie om brood te koop.

Haar man het familielede in Bothaville, Allanridge, Thabong en Kutloanang gebel, maar kon haar nie opspoor nie. Hy het haar Saterdag as vermis aangemeld.

Die nagrok wat sy aangehad het, is groen, terwyl haar hare gevleg is. Een boonste en een onderste tand is goud.

Ooggetuies het haar glo by ’n taxi-staanplek en Pick ‘n Pay in Odendaalsrus SSK opgemerk.

Enigiemand met inligting word versoek om speurder lt.genl. Bennie Strydom by 082 301 2797 te skakel.

Bronne: SAPD, Twitter