Brekende Nuus
Afrikaans

Ses Durban-strande weens hoë E.coli-vlakke gesluit

eThekwini-munisipaliteit sê die hoër vlakke is veroorsaak deur die onlangse reën wat vullis van ander waterbronne af die see in skep.

Ses Durban-strande gesluit weens hoë E.coli-vlakke
Ses Durban-strande gesluit weens hoë E.coli-vlakke fotokrediet: Canva

Lees ook: Zandile Mafe nie bevoeg vir verhoor nie

DURBAN. – Ses strande in Durban is weens hoë E.coli-vlakke gesluit.

Die strande is Point, uShaka, South, North, Battery en Country Club.

Die eThekwini-munisipaliteit het gister aangekondig toetse het bewys die E.coli-vlakke is hoër as gewoonlik. Hulle sê dit is veroorsaak deur die onlangse reën wat vullis van ander waterbronne af die see in skep.

Daar is kommer oor die strande juis nou gesluit is met die toeloop van toeriste wat in Desember verwag word.

Bronne: IOL, The Citizen, The Africa

Lees ook: Zandile Mafe nie bevoeg vir verhoor nie