Brekende Nuus
Natuurlewe

Tornado’s in Tennessee saai groot verwoesting

’n Noodtoestand is Saterdagaand afgekondig.

Groot skoonmaak-operasies vind plaas na die naweek se tornado's in Tennessee    Foto: Mark Zaleski
Groot skoonmaak-operasies vind plaas na die naweek se tornado's in Tennessee Foto: Mark Zaleski

TENNESSEE, VSA. – Minstens ses mense is dood en meer as 50 beseer nadat tornado’s en sterk donderstorms Tennessee Saterdag getref het.

Verskeie geboue is vernietig en groot dele van die staat is sonder krag gelaat. In die Clarksville-area, in noordelike Tennessee, is drie mense, waarvan een ’n kind, dood. Winde het stormsterkte van 240 km per uur behaal.

Nog drie mense het in Madison, noord van Nashville, gesterf.

Daar word ondersoek ingestel waarom die waarskuwingsirenes eers afgegaan het nadat die tornado’s verby was.

Plaaslike skole was Maandag en Dinsdag gesluit sodat die omvang van die skade bepaal kan word en opruiming gedoen kan word.

’n Noodtoestand is Saterdagaand afgekondig en ’n aandklokreël is vir 21:00 ingestel. Video’s wat die verwoesting vasgevang het, doen op sosiale media die rondte.

Bronne: CNN, NBC, USA Today