Brekende Nuus
Afrikaans

Man in luuksevoertuig op hoofweg doodgeskiet

'n Man is Maandogoggend doodgeskiet langs sy voertuig op die N3 hoofweg gevind.

Man op hoofweg doodgeskiet
Foto: Ter illustrasie Canva

JOHANNESBURG. – ‘n Man is Maandagoggend op die N3 hoofweg in Linbro Park naby die Londenweg-afrit doodgeskiet.

Kyle van Reenen, Emer-G-Med-woordvoerder, sê paramedici is omstreeks 06:00 na die toneel gestuur.

Met aankoms is die man langs sy luuksesportnutsvoertuig aangetref. Hy het verskeie skietwonde gehad en het geen teken van lewe getoon nie.

Nadat gevorderde lewensondersteunende KPR onsuksesvol op hom toegepas is, is hy dood verklaar.

Die voertuig langs die man het ‘n groot aantal koeëlgate gehad.

Die SAPD ondersoek die voorval.

Bron: Emer-G-Med