Brekende Nuus
Afrikaans

Seun (9) tydens inbraak in kop geskiet

Hy is na Nelspruit Mediclinic gehaas waar hy steeds behandel word.

'n Negejarige seun is tydens 'n huisbraak in Witrivier in die kop geskiet.     Foto ter illustrasie: Canva
'n Negejarige seun is tydens 'n huisbraak in Witrivier in die kop geskiet. Foto ter illustrasie: Canva

WITRIVIER, MPUMALANGA. – ’n Seun (9) is in ’n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend tydens ’n huisbraak in die kop geskiet is.

Volgens Laeveld ER24 het die inbraak ongeveer 11:15 by ’n woonhuis in Essenhoutstraat plaasgevind.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die seun met ’n kopwond aangetref. Hy is na Nelspruit Mediclinic gehaas waar hy steeds behandel word.

Geen verdagte is al aangekeer nie. Dit is ook nog onduidelik of die verdagte enigiets tydens die inbraak gesteel het.

Bronne: Laevelder, Citizen, Caxton Network News