NELSPRUIT. – ’n Man (23) se familie het onraad vermoed toe hulle hom saam met die buurdogter (15) in die vroeë oggendure van 26 Desember gesien het. Hulle het dadelik die meisie se ouers gebel.
Met die familie se aankoms het die minderjarige bevestig dat sy na bewering verkrag is.
Bushbuckridge-SAPD is gekontak en die meisie is vir mediese behandeling geneem. Die verdagte is in die verloop van die ondersoek in hegtenis geneem.
Hy het gister in Bushbuckridge se landdroshof verskyn.
Bron: SAPD, Twitter
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: