‘n Leser en inwoner van Kimberley wat graag anoniem wil bly, wil graag ander inwoners waarsku teen kwaaddoeners wat vermoedelik gistermiddag ‘n blok rotgif oor hulle heining gegooi het.
Sy vermoed die blok gif is oor die heining gegooi om die honde te vergiftig om dan makliker te kan inbreek.
“Ek het die foto gedeel om ander inwoners te waarsku, en iemand anders het gesê dat hulle die vorige aand ook in Vermaasstraat in Lindene probeer inbreek het.”
Sy sê dis die eerste keer wat dit gebeur, maar dat sy wel houtskoolpille en -poeier gekoop het om vir haar honde te gee indien so iets wel gebeur.
“Ek het gesien sommige mense sê jy kan vir jou hond rou eier ingee indien hulle miskien gif geëet het.”
Sy wil ander graag waarsku om op die uitkyk te wees en gereeld in die tuin te kyk vir gif of vir ander maniere wat kwaaddoeners probeer om jou honde uit die pad te kry.