Brekende Nuus
Afrikaans

Dokter in Durban buite sy praktyk geskiet

Die motief vir die voorval is onbekend.

Aadil Ahmed Khan
Fotokrediet Yusuf Abramjee en Aadil Ahmed Khan Facebook-blad

Dokter Aadil Ahmed Khan (45), van Randles Road-nagkliniek by Sydenham-apteek, Durban KwaZulu-Natal, is gistermiddag om 18:00 buite sy praktyk geskiet. Hy is glo verskeie kere geskiet en in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal gehaas.

Dr. Ebrahim Mansoor het gesê hy is tans stabiel, maar in die intensiewesorgeenheid is.

Faiza Elmahllawi het gesê hulle was ten tyde van die voorval nie ver weg in ‘n vergadering nie en het duidelik die skote gehoor. Die motief vir die voorval is onbekend.

Dr. Khan is getroud en het ‘n kleuterdogter.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê dokter Khan was na bewering besig om sy werksplek te verlaat toe hy deur twee onbekende mans geskiet is.

Die verdagtes het glo van die toneel in ‘n silwerkleurige voertuig gevlug.

‘n Saak van poging tot moord word deur Sydenham polisie vir ondersoek.                 

Bron: Yusuf Abramjee, Tasleem Jassat, Don Govindir, Faiza Elmahllawi

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.