Brekende Nuus
Afrikaans

Shane Jordaan – nadoodse ondersoek sal oorsaak van dood bepaal

Die byna maandlange soektog na Jordaan het Saterdagoggend tragies geëindig.

Shane Jordaan - nadoodse ondersoek sal rede vir dood bepaal
Shane Jordaan - nadoodse ondersoek sal rede vir dood bepaal Foto: Facebook

GAUTENG. – ‘n Nadoodse ondersoek sal die week volg nadat die verstandelik gestremde man, Shane Jordaan (30), se liggaam die naweek gevind is.

Die byna maandlange soektog na Jordaan het Saterdagoggend tragies geëindig toe sy liggaam langs die ou Cullinan-pad, die R513, gevind is.

Nadoodse ondersoek op Shane Jordaan is Dinsdag

Die Cullinan-polisie, Deftac-sekuriteit, lede van die gemeenskap en familie was deel van die soektog toe sy liggaam die betrokke oggend gevind is. Nuusflits het vroeër berig Jordaan is laas op 4 Junie gesien.

‘n Nadoodse ondersoek sal die presiese rede vir sy dood bekendmaak.

Konst. Connie Moganedi, polisiewoordvoerder, bedank almal wat deel gevorm het van die soektog.

LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas

LEES OOK: Familie steeds op soek na Shane Jordaan

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.