Brekende Nuus
Afrikaans

Toegang tot nasionale parke is dié week gratis

Foto: SANparke

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrikaners kry binnekort weer die kans om van die land se pragtigste natuurskoon te geniet, sonder om ’n sent te betaal. Die jaarlikse SA Nasionale Parkeweek vind van 7 tot 13 September 2026 plaas. Dit is die 21ste jaar dat hierdie inisiatief aangebied word, sedert dit in 2006 begin is.

Gedurende die week kan alle Suid-Afrikaanse burgers gratis toegang tot die meeste van die 21 nasionale parke vir ’n dagbesoek kry. Vir toegang moet jy jou identitetsdokument toon. Kinders moet ook geldige identifikasie, soos ’n geboortesertifikaat, by hulle hê.

Volgens SANparke is dit ’n wonderlike geleentheid vir gesinne, skole en natuurliefhebbers om plekke te besoek wat hulle andersins dalk nooit sou sien nie. Verlede jaar het meer as 105 000 mense van die aanbod gebruik gemaak. Dit is ’n bewys van hoe gewild hierdie week onder Suid-Afrikaners geword het.

Gratis toegang geld slegs vir dagbesoekers. Oornagverblyf en plekke, soos die Boulders-pikkewynkolonie en die Tafelberg-kabelspoor, is nie ingesluit nie.

Kruger Nasionale Park
Gratis toegang: 7 tot 11 September 2026

Kaapstreek

  • Agulhas Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Bontebok Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Tafelberg Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026 (Boulders-pikkewynkolonie en die kabelspoor is uitgesluit)
  • Tankwa-Karoo Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Weskus Nasionale Park: 7 tot 11 September 2026 (nie oor die naweek nie as gevolg van blomseisoen)

Grensstreek

  • Addo Olifant Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Camdeboo Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Karoo Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Bergkwagga Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026

Tuinroete-streek

  • Tuinroete Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026

Noordelike streek

  • Goue Hoogland Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Mapungubwe Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026
  • Marakele Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026

Dorre streek

  • |Ai-|Ais/Richtersveld Oorgrenspark: 7 tot 13 September 2026
  • Augrabies Nasionale Park: 7 tot 11 September 2026
  • Kgalagadi Oorgrenspark: 7 tot 13 September 2026
  • Mokala Nasionale Park: 7 tot 13 September 2026

SANParke vra ook dat besoekers die reëls van elke park respekteer, hul rommel behoorlik hanteer en help om die gebiede skoon en veilig vir almal te hou.

Bronne:SANparke, SAnews, The Newspaper