OOS-KAAP. – Die polisie doen ’n beroep op die publiek om te help met die soektog na die 14-jarige Allegra Styles, wat op 8 Oktober omstreeks 18:00 laas gesien is. Die polisie soek ook na Brent Naidoo (25), wat moontlik inligting het oor waar die vermiste tienermeisie haar tans bevind. Volgens die polisie is sy op 10 Oktober as vermis aangemeld.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Gqeberha-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) steeds na Styles soek. Volgens die aanvanklike verklaring is Allegra glo na ‘n partytjie by Kamma Park ná ’n beweerde rusie met haar kêrel. Allegra en haar kêrel is sedertdien nie weer gesien nie. Sy het ’n roomkleurige bostuk en blou denimbroek aangehad toe sy laas gesien is.
Enigiemand met inligting kan kapt. Grant Measures by 072 732 4220 bel.