Brekende Nuus
Nuus

Verdagte ná vermeende padwoede-moord op Shaune Marais vandag in hof

Foto: Skermgreep van video-opname Hannelie Terblanche Harmse

OOS-KAAP. – ‘n Man (58) is in hegtenis geneem in verband met die moord op Shaune Marais (56), wat verlede Vrydag (23 Oktober) tydens ‘n beweerde padwoede-voorval in Circularrylaan, Lorraine, Gqeberha, noodlottig gesteek is. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Gqeberha-landdroshof verskyn.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê speurders van die Walmer-polisie het die verdagte Donderdag (29 Oktober) ná vyf dae se intensiewe ondersoek in hegtenis geneem. ‘n Sportnutsvoertuig (SUV) is ook vir verdere forensiese ontleding in beslag geneem.

Die ondersoek duur voort.