Brekende Nuus
Nuus

Tiener sterf en nog 17 beseer toe bakkie pad byster raak

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Tiener (15) het in ‘n hospitaal gesterf en nog 16 tieners is Maandag beseer toe ’n bakkie op die D1004 in Inchanga van die pad geloop het en hulle uit die voertuig geslinger is. Die tiener wat gesterf het, is aan ’n ventilator gekoppel voordat hy na ’n hospitaal vervoer is.

Garrith Jamieson, woordvoerder van ALS Paramedics, sê die diens is kort ná 11:30 na die ongeluk ontbied. Omstanders was reeds besig om van die beseerdes na ’n plaaslike kliniek te neem toe paramedici opdaag. Die paramedici het hulp op die toneel verleen voordat hulle na die kliniek is. By die kliniek het hulle 17 tieners met ligte tot kritieke beserings aangetref. Van hulle is gestabiliseer voor hulle na hospitale in Durban en Pietermaritzburg vervoer is. 

Jamieson sê die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die polisie sal dit ondersoek.