GAUTENG. – Die Stad Ekurhuleni vra inwoners, ondernemings en organisasies om besonderhede van hul kringtelevisiekameras (CCTV) in te dien as deel van ’n opname van kameras regoor die metro. Die VF Plus maak beswaar teen die kennisgewing en sê private kameras wat teen Vrydag 27 November 2026 ongeregistreer bly, kan volgens die kennisgewing ná dié datum verwyder word.
Marcelle Carl Gelderblom van die VF Plus sê die party maak sterk beswaar teen die skielike registrasieversoek en die moontlike verwydering van kameras. Die metro sê in sy openbare beroep dat kameras misdaad help voorkom en ondersoeke ondersteun, en dat toesig met respek vir privaatheid moet geskied. Die stad vra vir elke kamera se ligging, die eienaar se besonderhede, die naam van die persoon of organisasie wat dit bestuur en die doel waarvoor dit geïnstalleer is. Die metro se openbare beroep noem geen sperdatum of moontlike verwydering van kameras nie.
Kry die nodige vorm vir registrasie hier.
