WES-KAAP. – Die Overstrand-munisipaliteit vra ouers en voogde by monde van Edward Jantjies, waarnemende munisipale bestuurder, om op te let wanneer ’n kind skielik teruggetrokke, angstig, ongewoon bang of aggressief raak. Volgens die munisipaliteit kan sulke veranderinge ’n teken wees dat ’n kind ondersteuning nodig het. Ander tekens sluit in veranderinge in slaap- of eetgewoontes, onverklaarde liggaamlike klagtes en swakker skoolprestasie.
Jantjies sê kinders wat emosioneel swaarkry, sukkel soms om te verduidelik wat hulle ervaar. Hy moedig ouers en versorgers aan om rustig met hul kinders te praat, aandagtig te luister en ’n veilige ruimte te skep waarin hulle hul bekommernisse kan deel. Gedragsveranderinge kan verskillende oorsake hê. Ouers moet professionele hulp soek as kommer voortduur en onmiddellik optree as ’n kind hom- of haarself beseer, oor selfdood praat of in ernstige emosionele nood verkeer.
Vir hulp kan die volgende instansies gekontak word:
Childline South Africa (24-hour helpline): 0800 055 555
Department of Social Development Toll-Free Line: 0800 220 250
Gender-Based Violence Centre (24 hours): 0800 428 428
Hermanus SAPS Family Violence, Child Protection and Sexual Offences (FCS) Unit: 028 313 7019 / 082 522 1014
Hermanus Hospital (24-hour service): 028 312 1166