KWAZULU-NATAL. – ’n Ma (32) is vroegoggend (Dinsdag) in ’n woonkompleks in Shastri Park, Phoenix, doodgeskiet. Die dogter, ’n kind met spesiale behoeftes, is erg ontsteld nadat sy haar ma se liggaam gesien het.
Volgens KZN VIP Group het die dogter in die woning gebly terwyl sy op hulp gewag het. Dié diens sê sy span is ná skote by die kompleks ontbied. Beamptes het ’n beskadigde deur opgemerk en die vrou met verskeie skietwonde in die woning aangetref. KZN VIP se mediese nooddiens het haar op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die omstandighede van die skietvoorval.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: