GAUTENG. – Die Stad Tshwane het vlak 2-waterbeperkings vir 30 dae ingestel nadat die munisipale administrasie die kennisgewing heruitgereik het. Die vorige kennisgewing is teruggetrek nadat kommer oor die prosedure vir die instel van die beperkings geopper is.
Rdl. Dana Wannenburg, DA-PR, sê die administrasie is gevra om die voorgeskrewe prosedure te volg. Hy verwelkom die heruitreiking van die kennisgewing volgens dié prosedure en sê die toepassing van die beperkings en die uitwerking daarvan op inwoners sal gemonitor word. Hy vra inwoners om water spaarsamig te gebruik en die beperkings na te kom.
Vlak 2-watertariewe vir huishoudings op skale A, B en C
| Maandelikse verbruiksblok | Tarief |
|---|---|
| 0 tot 9 kℓ | Gratis |
| 10 tot 18 kℓ | R43,20 per kℓ |
| 19 tot 30 kℓ | R72,66 per kℓ |
| 31 tot 42 kℓ | R89,72 per kℓ |
| 43 tot 60 kℓ | R108,01 per kℓ |
| Meer as 60 kℓ | Toepaslike goedgekeurde tarief |
Kwalifiserende behoeftige huishoudings ontvang steeds 12 kℓ gratis basiese water per maand. Die netwerktoegangsfooi bly R203,70 per faktureringstydperk van 30 dae waar dit van toepassing is. Volgens die stad se tariefkennisgewing geld ’n vrystelling vir eiendomme met ’n waarde van R250 000 of minder en vir amptelik geregistreerde behoeftige gebruikers.
Druk hier om meer te lees.