Onthou dié datum, vra Kansa

Lees ook :

Dit is amptelik! Die internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai. “Hierdie jaar sal jy mezzz-merized wees deur wat ons in die winkel het vir jou,” sê Kansa

Tekkie tax, wat op die 31ste Mei plaasvind, het oor die afgelope ses jaar ‘n huishoudelike naam geword.

Dié gewilde byeenkoms is besig om die grootste fondsinsamelingsveldtog in Suid-Afrika te word. Meer as 300 welsynsorganisasies word by die projek betrek. Die veldtog is pret, innoverend, uniek en suksesvol.

Volgens Kansa het die veldtog sedert 2013 ongeveer R40 miljoen ingesamel.

“Daar is tans 12 nasionale alliansievennote en hulle verteenwoordig meer as 1 500 plaaslike nie-winsgewende organisasies,” sê Kansa

So maklik soos 1,2,3

1.            Kies jou plakker vir die organisasie wat jy wil ondersteun. Jy kan kies tussen diere en kinders, bring hoop, gestremdheid of onderwys.

2.            Mezzz-merize jou tekkie met ‘n stel nuwe skoenveters.

3.            Kry jou gratis T-hemp vir die 2019-veldtog.

4.            Voila!! Jy is reg vir die Tekkie Tax-dag!

Wat gaan dit kos?

–              Plakker of ‘n tatoe

Kry jou plakker en tydelike tatoe vir slegs R10 elk.

–              Tekkie Tax-knopie.

Kry jou funky Tekkie Tax-knopie vir slegs R15.

–              Tekkie Tax-skoenveters:

Mezzz-merize jou skoene met ‘n unieke Tekkie Tax skoenveter van silikoon teen slegs R40.  .

–              T-hemp:

Kry jou T-hemp vir slegs R80 per kind en R100 vir volwassenes.

Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas, kan jy vir Andries van der Merwe kontak by 084 242 2220.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief