ROBINVALE, WES-KAAP. – Aansoeke word ingewag vir handelseenhede vir die My Cape Town Market Atlantis wat op 4 en 5 Mei 2024 in Robinvale gaan plaasvind.
Alderman James Vos, die stad Kaapstad se uitvoerende raadslid vir ekonomiese ontwikkeling, sê dit is ’n wonderlike geleentheid vir plaaslike kunstenaars om kopers te ontmoet en hulle vaardighede ten toon te stel. Volgens hom kan hulle die mark ook gebruik om geld te maak.
Die gebeurtenis sal prettige aktiwiteite soos straatvertonings en optredes deur ontluikende kunstenaars, asook kinderspeelareas insluit.
Volgens Vos het woonbuurtmarkte die afgelope paar jaar besonder gewild geraak omdat mense kunstige skatte uitsnuffel. Die markte verleen ook geur aan Kaapstad. Hy sê die markte dra tot werkskepping by en help sakemanne en -vroue om met vorige en nuwe kliënte verhoudings te bou.
Die mark in Robinvale sal op die hoek van Swift- en Starlingweg plaasvind.
Elke handelseenheid kos R107,20 per dag vir die duur van die mark.
Aansoekvorms kan hier afgelaai word. Aansoeke sluit op 29 April 2024 om 15:00.
Lwandisile Mani kan via e-pos of telefonies by 021 444 7694 gekontak word.



Bron: City of Cape Town





