Acsa reageer op bewerings oor mediese noodgeval by OR Tambo-lughawe

Lees ook :

Acsa reageer op bewerings oor mediese noodgeval by OR Tambo-lughawe
Acsa reageer op bewerings oor mediese noodgeval by OR Tambo-lughawe fotokrediet: Canva

Lees ook: Man met varklewer oorlede

GAUTENG. – Volgens die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) is hulle tevrede met hulle optrede tydens ’n mediese noodgeval by die OR Tambo-lughawe.

Daar was Woensdag ’n mediese noodgeval by die lughawe. Die lughawe se bestuurder, Jabu Khambule, het gesê twee oproepe is om 12:09 en 12:10 ontvang om die noodgeval aan te meld. Een was van ’n Airlink-werker en een was van Christopher Pappas, die DA-burgemeester van uMngeni.

Khambule het gesê paramedici is ontbied en was om 12:16 op die toneel. Die vrou is behandel voor sy na ‘n hospitaal geneem is.

Pappas het op X in ’n plasing gekla die paramedici het te lank geneem om te kom, die noodfone is nie geantwoord nie en niemand het geweet wat om te doen nie.

Volgens Acsa weerspreek die feite Pappas se weergawe op X. Hulle het gesê die ooreenkoms wat Acsa en paramedici het, is dat hulle binne 10 minute moet reageer. Die paramedici was binne sewe minute daar. Khambule het gesê hulle is tevrede met hulle optrede tydens die voorval.

Bronne: IOL, The Citizen, TimesLIVE

Lees ook: Man met varklewer oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief