Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria se aanbieding van die musiekblyspel, High School Musical, het groot belangstelling getrek.
Dit is in die Atterbury-teater vanaf 9 tot 12 April aangebied. Volgens Alna Smit, departementshoof van musiek, was dit ’n reusespanpoging. Voorbereidings vir die musiekblyspel het reeds einde Januarie begin.
Hulle het liedjies wat in die oorspronklike High School Musical voorgekom het, gesing en opgevoer.
Die volgende foto’s is deur Natalie Goetsch geneem:




Bron: Afrikaans Hoërskool Meisieskool Pretoria





