‘Afpersers’ na hofverskyning steeds in aanhouding

Lees ook :

Foto's: SAPD

OOS-KAAP. – Anele Mhlaba (34), Lwazi Volibi (34) en Sihle Makwethu (34) het gister vir ‘n tweede keer in die Cathcart-landdroshof verskyn. Die drie, wat van afpersing verdink word, is op 13 Desember in hegtenis geneem. Die saak is tot 29 Januarie uitgestel.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela van die Valke het die Oos-Londen-ontvoeringtaakspan op 12 Desember inligting ontvang oor drie insittendes van ‘n Toyota Fortuner met ‘n Gauteng-registrasienommer wat glo sake-eienaars in Ngcobo, Cofimvaba, Dodrecht en Queenstown terroriseer en vir ‘n “beskermingsfooi” afpers.

Die taakspan het die voertuig opgemerk en agtervolg tot waar hulle na bewering geld in die Cathcart-polisiëringsarea ingesamel het. Hulle is op die daad in hegtenis geneem. Die drie verdagtes het op 18 Desember vir die eerste keer in die hof verskyn.

Die polisie het op die voertuig, kontant ter waarde van R1 040 en twee selfone beslag gelê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief