AfriForum hof toe oor naamsverandering vir Graaff-Reinet

Lees ook :

Foto: AfriForum

AfriForum het die hooggeregshof in Pretoria genader om Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns en kultuur, se besluit om die naam van Graaff-Reinet te verander, te hersien. Die stap volg nadat die minister op 6 Februarie vanjaar in die Staatskoerant aangekondig het dat 21 plekname in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, insluitend dié van Graaff-Reinet, verander word.

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, sê die organisasie het die stap geneem nadat hulle vir maande geen terugvoering ontvang het op ’n formele prokureursbrief wat die besluit wou laat hersien nie. Volgens haar dra die naam Graaff-Reinet ’n besondere historiese en kulturele betekenis vir baie gemeenskappe en daarom word die besluit nou in die hof betwis. Bailey sê ook dat peilings en verskeie petisies toon dat baie inwoners van die dorp teen die naamsverandering gekant is. Sy voer aan dat inwoners bekommerd is oor die koste van die proses en die moontlike impak op toerisme en die plaaslike ekonomie, veral in ’n dorp waar infrastruktuur reeds onder druk is.

Volgens AfriForum is die besluitnemingsproses boonop ongrondwetlik en behoort dit hersien te word. Die organisasie meen verder dat naamsveranderings dikwels die aandag aflei van groter probleme soos swak dienslewering, korrupsie en infrastruktuuruitdagings, terwyl dit gemeenskappe onnodig verdeel.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief