Ma van 3 vind met geboorte uit dis ‘n drieling

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Mamelodi Regional Hospital

GAUTENG. – Koketso Moeka, ’n 36-jarige ma van Mamelodi, het op 23 April in die Mamelodi-streekhospitaal geboorte geskenk aan ’n drieling, twee seuns en ’n dogter. Sy het eers in die hospitaal met die bevalling uitgevind dat sy drie babas verwag.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van die hospitaal het die onverwagse nuus haar geskok en verward gelaat, maar hospitaalpersoneel het vinnig emosionele ondersteuning gebied. ’n Sielkundige by die hospitaal is ook ingeroep om haar te help om die geboorte en skoknuus te verwerk.

Moeka is tans werkloos en moet nou ses kinders versorg nadat die drieling by die gesin aangesluit het. Sy het ’n beroep op die publiek gedoen vir hulp en skenkings om haar te ondersteun.

Enigeen wat die ma en kinders wil ondersteun, kan met die hospitaal se maatskaplike dienste kontak maak. Die nommers is op die oorspronklike plasing te kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief