GAUTENG. – AfriForum het gesê hulle sal die EFF se mosie in die parlement om Afrikaner-standbeelde en -gedenktekens te verwyder, teenstaan.
Nontando Nolutshungu, die EFF-hoofsweep, het Maandag ’n voorstel ingedien om ’n ad hoc-komitee te stig wat “apartheidsera-standbeelde” moet hersien. Sy het onder meer verwys na die standbeelde van Louis Botha, Paul Kruger, Jan van Riebeeck en die Voortrekkermonument as simbole van koloniale oorheersing en wit oppergesag.
Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, sê die voorstel is deel van die EFF se “afbreekkultuur”. Hy het gesê die verwydering van standbeelde en erfenis is ’n poging om die Afrikaner se identiteit en bestaansreg te ontken.
AfriForum sê hulle sal alles moontlik doen om die veldtog te stuit.
Druk hier om meer te lees.