AfriForum vra G20 om plaasveiligheid en eiendomsreg in SA te beskerm

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – AfriForum het die G20-lande versoek om tydens hul gesprekke met die Suid-Afrikaanse regering aandag te gee aan die beskerming van eiendomsreg en die bekamping van plaasmoorde. Die organisasie het skrywes aan die ambassades van die G20-lande gestuur en oplossings voorgestel om hierdie kwessies aan te spreek.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die voortgesette plaasmoorde en gebrek aan respek vir eiendomsreg reeds die G20-beraad beïnvloed, aangesien die VSA besluit het om nie deel te neem nie. Hy sê die G20-lande kan help om plaaslike en internasionale verhoudinge te stabiliseer deur die regering aan te moedig om plaasmoorde te bekamp en eiendomsreg te beskerm.

AfriForum versoek onder meer dat die sing van Kill the Boer veroordeel word, plaasmoorde as prioriteitsmisdade verklaar word en dat wette wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, gewysig word. Die organisasie sê dit sal binnekort ook ’n verslag bekendstel oor die skending van menseregte van minderhede in Suid-Afrika.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief