Sedert die ontstaan in 2023, het Afrikaans Oppi Platteland vinnig ‘n plek as een van die gunsteling feeste op die Afrikaanse kalender ingeneem. Nuusflits is ‘n trotse mediaborg van dié fees en hoop om jou in 2025 daar te sien! Hierdie jaarlikse fees, wat op die pragtige Moreson Plaas in Malmesbury, Wes-Kaap plaasvind, bied ‘n unieke plattelandse atmosfeer, aangevul deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars, heerlike kos en ‘n opregte gevoel van samehorigheid.
Op 8 Februarie 2025 keer die fees terug, groter en beter as ooit tevore! Hier is alles wat jy moet weet om nie hierdie ongelooflike ervaring mis te loop nie.
Kunstenaars
Die lys van kunstenaars wat by Afrikaans Oppi Platteland 2025 optree, is iets om na uit te sien.
Van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf gaan die verhoog aan die brand steek, insluitend:
- Bobby van Jaarsveld
- Kurt Darren
- Ricus Nel
- Spoegwolf
- Snotkop
- Juanita du Plessis
- Chris Steyn
- Die Piesangskille
- Brendan Peyper
- Karlien van Jaarsveld
- Juan Boucher
- Ryno Velvet
- Appel
- Barto
- Eloff
- Demi Lee Moore
- Early B
- Justin Vega
- Bok van Blerk
- Danny Smoke
Met hierdie indrukwekkende line-up is jy verseker van ‘n dag vol energie en opwinding. Die gewilde aktrise Angelique Gerber en die humoristiese duo Janey en Waney sal die seremoniemeesterpligte vervul, wat nog meer vermaak by die fees sal voeg.
Afskop Kuier: begin die pret ’n dag vroeër!
Die partytjie begin reeds op 7 Februarie 2025 met die Afskop Kuier, ‘n pre-fees geleentheid wat jou in die regte stemming gaan bring vir die hoofgebeure.
Geniet optredes deur:
- Danny Smoke
- Elandré
- Ivan Roux
- Sensasie
Hierdie lekker, informele kuier is die perfekte manier om jou Afrikaans Oppi Platteland avontuur af te skop.
Kaartjies en pryse
Kaartjies is vanaf 26 Augustus 2024 om 10:00 beskikbaar op www.kaarkies.co.za. Moenie te lank wag nie – hierdie fees is gewild en kaartjies raak vinnig uitverkoop.
Afskop Kuier op 7 Februarie:
- R395 per persoon
- R250 vir skoliere
- Gratis vir voorskoolse kinders
Hoofvertoning op 8 Februarie:
- Vroeë Early Bird: R290 per persoon (slegs 30 minute beskikbaar)
- Early Bird: R299 per persoon (24 uur beskikbaar)
- Algemene Toegang: R350 per persoon
- Skoliere: R250 per persoon
- Voorskoolse kinders: Gratis
- Algemene toegang dubbelkaartjie: R625
BBP-Gouesirkel kaartjies:
- R2750 per persoon (early bird vir 30 minute)
- R5250 per dubbelkaartjie (early bird vir 30 minute)
- R2950 per persoon
- R5500 per dubbelkaartjie
- R1250 vir skoliere
- R500 vir voorskoolse kinders (0-3 jaar)
Kampering en “Glamping”
Kampering op die plaas is ‘n wonderlike manier om jou feeservaring voluit te geniet. Slegs 750 kampeerplekke is beskikbaar, so bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom. Kampering kos R200 per persoon per dag. Stuur jou navrae oor kampeerplekke na [email protected].
“Glamping” opsies:
- Luukse opsie: R2000 per tent vir twee mense vir een nag, of R2400 per tent vir twee mense vir twee nagte. (Slegs 70 tente beskikbaar)
- Gemaklike opsie: R1800 per tent vir twee mense vir een nag, of R2200 per tent vir twee mense vir twee nagte. (Slegs 70 tente beskikbaar)
Stuur navrae oor die glamping opsies na [email protected].
Afrikaans Oppi Platteland 2025 beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees! Met die beste Afrikaanse musiek, asemrowende natuurskoon en ‘n gemeenskap wat die taal en kultuur koester, is hierdie fees iets wat jy nie wil misloop nie. Maak seker jy kry jou kaartjies betyds en kom geniet die beste van Afrikaans Oppi Platteland!





