Agt mense dood in skietery buite nagklub in Ecuador

Lees ook :

Agt mense dood in skietery buite nagklub in Ecuador fotokrediet: Canva

ECUADOR. – Agt mense is dood en twee mense is beseer in ’n skietery Sondag buite ’n nagklub in Ecuador.

Lees ook: 17 mense dood in kroegaanval in Ecuador

Volgens die polisiekolonel, Javier Chango, is sewe mense op die toneel dood en een het in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Chango het gesê die verdagtes het in twee voertuie op die toneel opgedaag en op ’n skare buite die Napoles-nagklub in Saint Lucia losgebrand. Die verdagtes het ná die aanval met ’n “onbekende roete” gevlug.

Een van die oorledenes was die eienaar van die nagklub en die broer van die burgemeester van Saint Lucia. Die motief vir die aanval is onbekend.

Die aanval het plaasgevind ‘n paar dae nadat die land se president, Daniel Noboa, ’n 2-maande noodtoestand as gevolg van bendegeweld afgekondig het.

Bronne: DW – South Africa, BBC, The Sun

Lees ook: 17 mense dood in kroegaanval in Ecuador

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief