17 mense dood in kroegaanval in Ecuador

Lees ook :

17 mense dood ná gewapende verdagtes kroeg in Ecuador aanval fotokrediet: X

ECUADOR. – Altesaam 17 mense, insluitend ’n 12-jarige seun, is dood nadat gewapende verdagtes Sondagaand die La Clinica-kroeg in El Empalme, Ecuador, aangeval het. 14 mense is in die aanval gewond.

Lees ook: Polisie sê treinontsporing is deur rioolstorting veroorsaak

Maj. Oscar Valencia van die polisie het gesê die verdagtes is in twee wegkomvoertuie na die kroeg waar hulle op almal geskiet het. Hulle het al skietende gevlug.

Volgens Valencia het die seun vir meer as ’n kilometer gehardloop voordat hy ineengestort het en aan sy wonde beswyk het.

Volgens Valencia het getuies active wolves geskree, wat moontlik verwys na ’n plaaslike bende wat die dwelmhandelroetes probeer beheer.

Bronne: BBC, US News, The Straits Times

Lees ook: Polisie sê treinontsporing is deur rioolstorting veroorsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief